Op 16 Junie 2019 verdwyn Tilla Hart se tweejarige spoorloos. En ses jaar later is daar steeds geen antwoorde nie. Tilla worstel met selfverwyt en wens dat die polisie en media haar net met rus wil laat . . . Maar die verlede bly haar agtervolg. Donkerhart is 'n onthutsende sielkundige riller wat lesers aan die hart sal gryp.